• ONS IS TANS BESIG MET OPGRADERING WEES ASSEBLIEF GEDULDIG
  • PLANT VANDAG 'n BOOM, VRA HOE KAN ONS JOU HELP?
  • MY BELOFTE AAN N KLIENT: OM DIE BESTE BOOM TEEN DIE BESTE PRYS TE LEWER.
  • BOME VAN GROOT TOT KLEIN, KONTAK ONS VANDAG NOG OM JOU BY TE STAAN IN JOU KEUSE
  • KONTAK PEET BY 082 654 9344 VIR MEER INLIGTING

Welkom by Inheemse Bome

Hierdie webwerf is nie ontwikkel met die doel om bome te identifiseer nie. Dit is geskep om U te help om n idee te vorm van hoe die betrokke boom sal lyk wanneer hy volwasse is en of hy in U area sal groei. Sodoende kan dit U help om n ingeligte besluit te maak.
Ons het 'n besonderse liefde vir die bome van Afrika, en in die besonder vir die bome wat endemies aan Suider Afrika is. Ons glo dat elke persoon sy of haar kant moet bring om so 'n paar inheemse bome te plant, hetsy in jou tuin of op jou plaas, of enige ander plek waar jy 'n nalatenskap kan lewer.

Hoekom ons?

Dink maar net aan die talle voordele. Bv.: Dit het besondere estetiese waarde. Dit is oor die algemeen droogtebestand.
Dit bied skuiling en voedsel aan voels, insekte en wildsoorte. Dit werk aardverwarming tee, ens......
Ons kweek die meeste van ons bome self en kan dus 'n groot verskeidenheid teen absoluut die beste prys verskaf.
Groot hoeveelhede kan op bestelling gekweek word om in U behoeftes te voorsien bv. rehabilitasie van ou lande of die beplanting van U plaas of verfraaiing van U tuin of Bosherberg.
Ons verskaf bome in ALLE groottes en kan dus ook uiters meeding in die verskaffinng van bome aan stadsrade en landskapsargitekte vir spesifieke projekte. Wees verseker van ons absolute toegewydheid om die beste diens en prys ooit te verskaf!

Voel gerus vry om ons enige tyd te skakel. Ons is 7 dae per week beskikbaar slegs per afspraak ASB!

Kontak ons hier
Wat ons kliente sê
  • Ek wil net graag baie baie dankie se vir die professionele advies en uitstekende diens wat ek van jou ontvangs het. Niks was ooit te veel moeite vir jou gewees nie, ek waardeer ook die tyd wat jy aan my spandeer het om die keuses vir my makliker te maak. Jou bome is van uitstkende en hoe gehalte, gesond en gelukkig.
    Van die begin af was dit vir my opmerkbaar dat jou beroep en besigheid baie meer is as `n bron van inkomste, jou liefde vir bome en mense verhoudinge sal jou vele sukses in die toekoms bring. Beste wense vir jou en jou besigheid!!
    - Hentie Pienaar, 082 374 5332
  • Hi Peet, Ek wil jou graag bedank vir jou uitstekende diens wat jy vir my gelewer het. Ek het n boodskap op jou foon gelaat en binne enkele minute het jy my terug geskakel en geduldig na my vrae geluister en jou advies gegee sonder om te probeer om produkte aan my af te smeer. Wat my meer beindruk het was dat jy die bome soos ooreengekom by my kom aflewer EN installeer het in Alberton, en dit boonop op jou verjaarsdag (wat ek later uitgevind het) en ook terwyl daar op n stadium n wolkbreuk was wat jou en jou werkers sopnat gereen het. Ek sal vorentoe weer van jou dienste gebruik maak en het jou reeds aanbeveel by almal wat my uitvra oor die bome. Groete
    - Johan Nel, 083 407 5464
Populere Bome
Volg ons hier en raak 'n friend