Header image  
 
line decor
  HOME  ::  
line decor
Tuisblad    
Meer oor ons  
Lys van bome  
Kontak besonderhede  
   
 
RHUS PENDULINA WITKAREE WHITE KAREE
 
large product photo   RHUS PENDULINA WITKAREE WHITE KAREE



Die Witkaree word baie gebruik as 'n skaduboom in veral parkeer areas en in
parke. Dit sal ook 'n baie goeie laning uitmaak en kan ook as 'n skermplant
geplant word om 'n heining te vorm. Dit is 'n halfbladwisselende boom en
behoort so tussen 9 en 11 meter hoog te word. Die oorspronklike area van
herkoms is die Noord-Kaap langs die Oranje rivier en sekere dele van die
Wes-Kaap op spoelgrond langs riviere. Dit is 'n uiters droogtebestande boom
en sal ook uiteraard ryp baie goed hanteer. Dit is 'n baie vinnige groeier.
Soms sal die boom gesnoei moet word om 'n effens netjieser vorm te kry
aangesien die hangende takke slordig kan lyk. Dit sal beslis voels na die
tuin toe lok. Die wortelstelsel is nie aggresief nie. Dit sal goed vaar in
enige hoeveldse tuin asook die Vrystaat.

 

 
  Terug na lys van Bome