APIESDORING APIESDORING APIESDORING

APIESDORING

Vanaf 5L - 500L

Die Apiesdoring is volgens my een van ons staatmaker bome. Dit word reusagtig groot (amper 40m). Dit is bladwisselend maar sal sy blare eers laat in die winter verloor. Dit kom natuurlik voor langs riviere en oop Bosveld dele. Daar is besonderse mooi bome langs die Krokodilrivier in Thabazimbi se omgewing en die Elandsrivier by Rust de Winter. Dit dui dus goeie soetveld aan. Dit het die vermoe om deur harde klipbanke te breek en nog steeds goed te groei ten spyte van swak grond. Dit is dus wyd aanpasbaar en kan redelike koue en ryp weerstaan. Omdat die boom so groot word moet dit maar liefs 'n entjie van die huis af geplant word aangesien die wortels dalk kan pla. Ek beveel hierdie boom aan as n goeie skaduboom vir karavaanparke ens. Die klein dorinkies sal nie te veel pla nie en dit sal nie deur mense se skoene steek nie. Dit is n baie vinnige groeier.

As U enige navrae Het kontak ons hier.




kan nie die kode lees nie? kliek hier om te herlaai
  • Beskrywing

APIESDORING

Die Apiesdoring is volgens my een van ons staatmaker bome. Dit word reusagtig groot (amper 40m). Dit is bladwisselend maar sal sy blare eers laat in die winter verloor. Dit kom natuurlik voor langs riviere en oop Bosveld dele. Daar is besonderse mooi bome langs die Krokodilrivier in Thabazimbi se omgewing en die Elandsrivier by Rust de Winter. Dit dui dus goeie soetveld aan. Dit het die vermoe om deur harde klipbanke te breek en nog steeds goed te groei ten spyte van swak grond. Dit is dus wyd aanpasbaar en kan redelike koue en ryp weerstaan. Omdat die boom so groot word moet dit maar liefs 'n entjie van die huis af geplant word aangesien die wortels dalk kan pla. Ek beveel hierdie boom aan as n goeie skaduboom vir karavaanparke ens. Die klein dorinkies sal nie te veel pla nie en dit sal nie deur mense se skoene steek nie. Dit is n baie vinnige groeier.

  • 39
  • Boom
  • Medium
  • Geel
  • Somer (November-Februarie)
  • Lok skoenlappers, Lok Soogdiere, Voëls, Voëls - Insekvreters, Voëls - nesmaakplek - Bome, Bonsai, Potplante, Bladwisselende, Snelgroeiende, Ruip bestand, Nie-Aggressiewe wortels, Semi skaduwee, Waterwys.

    Jakes – Desember 12, 2016:

    Baie mooi boom


Lewer kommentaar

Voorgestelde Bome