LEKKERRUIKPEUL LEKKERRUIKPEUL LEKKERRUIKPEUL

LEKKERRUIKPEUL

Vanaf 5L - 500L

Een van die mees kenmerkendste doringbome in ons land. Dit kom voor op kleierige grond en dikwels saam met Haak-en-steek doringbome. Dit kan 'n hoogte van bykans 9 meter bereik en is halfbladwisselend. Die blare en peule word baie goed deur wild benut. Die peule het 'n kenmerkende vorm wat soos kraletjies lyk wat ingeryg is. Dit het 'n kenmerkende soet geur. Die gom is eetbaar en daar kan selfs lekkergoed van gemaak word. Die hout maak n lekker vuur en kole. Hierdie boom het 'n pragtige bosveldvoorkoms en word hopeloos te min aangeplant. Die bas is pragtig diep gegroef. Soos die kameeldoring is dit ook 'n uitdaging om hierdie boom mooi groot te kry in 'n sak. Dit is matig rypbestand en is 'n middelmatige groeier.

As U enige navrae Het kontak ons hier.




kan nie die kode lees nie? kliek hier om te herlaai
  • Beskrywing

LEKKERRUIKPEUL

Een van die mees kenmerkendste doringbome in ons land. Dit kom voor op kleierige grond en dikwels saam met Haak-en-steek doringbome. Dit kan 'n hoogte van bykans 9 meter bereik en is halfbladwisselend. Die blare en peule word baie goed deur wild benut. Die peule het 'n kenmerkende vorm wat soos kraletjies lyk wat ingeryg is. Dit het 'n kenmerkende soet geur. Die gom is eetbaar en daar kan selfs lekkergoed van gemaak word. Die hout maak n lekker vuur en kole. Hierdie boom het 'n pragtige bosveldvoorkoms en word hopeloos te min aangeplant. Die bas is pragtig diep gegroef. Soos die kameeldoring is dit ook 'n uitdaging om hierdie boom mooi groot te kry in 'n sak. Dit is matig rypbestand en is 'n middelmatige groeier.

  • 28
  • Boom
  • Groot
  • Oranje
  • Winter
  • Lok skoenlappers, Lok Soogdiere, Voëls, Voëls - Insekvreters, Voëls - nesmaakplek - Bome, Bonsai, Potplante, Altyd Groen, Nie-Aggressiewe wortels, Semi skaduwee, Waterwys.

    Jakes – Desember 12, 2016:

    Baie mooi boom


Lewer kommentaar

Voorgestelde Bome